Kies die regte skool vir jou kind |

Kies die regte skool vir jou kind

%title

Watter skool is die regte skool vir jou kind? Watter is die beste skool? Dit is die twee belangrikste vrae wat jy oor moet dink wanneer jy ‘n skool vir jou kind kies. Daar is baie vrae en konsiderasies om in ag te neem wanneer jy die besluit maak.
 
Die regte skool sal baie help met jou kind se ontwikkeling. Die belangrike ding om te onthou is dat ‘n skool met die hoogste akademiese rekord nie noodwendig die beste skool vir jou kind sal wees nie. 
 
As die skoolomgewing pas by jou kind se persoonlikheid, en jou kind gelukkig is by die skool, sal die resultate altyd postitief wees.
 
Ken jou kind
 
1. Neem jou kind waar. Ontdek waarvan hou hy en waarvan nie.
 
2. Vra familielede, vriende en onderwysers hoe hulle dink jou kind is en in watter gebiede hulle voel hy die beste presteer. 
 
3. Stel jou kind bloot aan verskillende aktiwiteite, byvoorbeeld sport, dans, kuns en musiek, en kyk hoe hy reageer en wat sy voorkeuere is.
 
4. Monitor jou kind vir enige leerprobleme vir ingeval hy ekstra hulp nodig het.
 
Besoek potensiële skole en vra vrae Inligting om in gedagte te hou
 
5. Persoonlikheidstrekke van jou kind
 
6. Respekteer die feit dat alhoewel ‘n skool nie noodwendig vir jou kind reg is nie, dit wel vir ander kinders kan wees.
 
7. Vra altyd vrae en bespreek jou bekommernisse met die skool voordat jy jou kind soontoe stuur. Hoe meer jy weet van die skool, en hoe meer die skool van jou weet, hoe beter sal jou verhouding met die skool wees tydens jou kind se skoolloopbaan.
 
8. Voor jy jou kind by ‘n skool inskryf is dit wys om ‘n assessering te reel vir jou kind by ‘n opvoedkundige- of kindersielkundige om sy akademiese sterkpunte en swakpunte beter te verstaan.
 
9. Jou kind se karakter en emosies sal ‘n belangrike rol in jou besluit neem.
 
10. Oorweeg dinge soos vervoer, fooie, toegang en fasiliteite voordat jy ‘n skool kies.
 
11. Dit sal ook help om uit te vind na watter skole jou kind se maatjies toe gaan, want sosiale kringe speel ‘n belangrike rol in jou kind se ontwikkeling.