Hoe weet ek of my kind spraakterapie nodig het? |

Hoe weet ek of my kind spraakterapie nodig het?

%title

 
‘n Spraakterapeut is ‘n gesondheidsprofessioneel wat met individue of groepe werk om hulle funksionering in sekere areas van spraak of taal te verbeter.
 
Spraakterapeute werk met kinders wat leerprobleme sowel as spesifieke spraak- en taalprobleme het.
 
Hoe weet ek of my kind ‘n spraakterapeut nodig het? 
 
● Swak begrip van verbale instruksies wat ander kinders van haar ouderdom kan volg
 
● Vertraagde spraakontwikkeling
 
● Sukkel om woorde te gebruik om haarself uit te druk; onduidelike spraak maak dit moeilik vir ander om haar te verstaan 
 
● Swak sosiale- en gespreksvaardighede
 
● Sukkel om klanke in woorde te identifiseer 
 
● Sukkel met sosiale interaksie met ander kinders.
 
Spraakterapeute:
 
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak-Taal-Gehoor (SASLHA) – www.saslha.co.za