Graad 1 Skryf sinne en paragrawe |

Graad 1 Skryf sinne en paragrawe

%title

Skryf sinne en paragrawe
’n Sin is ’n groep woorde wat in volgorde gesit word om sin te maak.  
’n Paragraaf  is ’n groep sinne wat een idee bespreek.
Waarom is dit so belangrik?
Kinders moet weet hoe om ’n sin en ’n paragraaf te skryf wanneer hulle nuus, kreatiewe skryfwerk, stories en ander skryfvorms skryf.
U kan u kind leer deur voorbeelde te gebruik wanneer u vir u kind voorlees:
Sê: “Hier is ’n sin wat die tekening beskryf: Die voël het aan die vrug gepik.” En “Hierdie paragraaf vertel vir ons oor die koning se kasteel.” Lees dan die paragraaf. Verduidelik dat die paragraaf twee of drie sinne het, maar dat dit een idee beskryf.
Begin om te skryf
Kinders word gedurende die jaar in Graad 1 in stappe oor sinne geleer:
  • Hy skryf ’n geskrewe sin oor oor sy nuus.
  • Hy sê sy eie sin wat sy nuus verduidelik. Die onderwyser skryf sy sin vir hom neer om in sy boek oor te skryf.
  • Die onderwyser leer dan vir hom hoe om sy woordeboek te gebruik. Hy sal die woorde ek, na, die in die woordeboek vind sodat hy sy eie sin kan skryf. Hy vra vir die onderwyser om ’n spesifieke woord soos “strand” in sy woordeboek te skryf sodat hy die sin vir nuus kan skryf: “Ek het na die strand gegaan.”
Die kurrikulum vereis die volgende van u kind in Graad 1:
  • Skryf ten minste drie sinne van eie nuus of kreatiewe storie en gebruik hoofletters en punte. 
  • Skryf sinne met woorde wat die fonetiese klanke en sigwoorde wat reeds geleer is, gebruik.
  • Gebruik naamwoorde en byvoeglike naamwoorde soos jy, sy, hy, dit op die korrekte wyse in skryfwerk.
Idees om u kind se skryf vermoëns te verbeter
Koop vir u kind ’n dagboek wanneer julle met vakansie gaan. Moedig hom aan om elke dag ’n prentjie te teken of om ’n sin te skryf oor wat hy van daardie dag geniet het. Plak foto’s of bus/vliegtuig kaartjies in en help u kind om ’n onderskrif onderaan te skryf. Maak seker dat hy die sin met ’n hoofletter begin en dit met ’n punt beëindig. Wys vir hom waar daar ’n komma, vraagteken en uitroepteken benodig word.  
Maak ’n foto album van lekker geleenthede en uitstappies bymekaar. Help u kind om onderaan elke foto ’n sin te skryf. Dit kan wees oor wat in elke foto gebeur, wat hy gedoen het, hoe hy gevoel het of hoe oud hy is.
Wanneer u ’n storie aan u kind voorlees, kies ’n paragraaf in die storie. Help vir hom om te verstaan wat ’n paragraaf is, deur aan hom te vertel dat hierdie groepe sinne als oor een onderwerp gaan en dit word ’n paragraaf genoem. Wys vir hom die teks en hoe elke paragraaf ’n spasie onderaan het. Lees dan onverwante sinne en vra u kind hoekom dit nie ’n paragraaf is nie. Help hom om te verstaan dat die sinne nie verwant is nie en dus nie ’n paragraaf is nie.     
Gebruik u kind se belangstellings. As dit voëls, vliegtuie of walvisse is, neem ’n boek oor sy gunsteling onderwerp by die biblioteek uit of druk ’n foto van die internet uit en help u kind om ’n paragraaf oor die foto te skryf. Onthou om die hoofwoord – voël, vliegtuig, walvis – dikwels in die teks te gebruik.