Graad 3 Hoe om vir ’n mondeling voor te berei |

Graad 3 Hoe om vir ’n mondeling voor te berei

%title

Hoe om vir ’n mondeling voor te berei
’n Spesiale tyd word binne ’n klaskamer ruimte opsy gesit om gehoor- en mondelingse vaardighede te ontwikkel. U kan hierdie vaardighede ook tuis ontwikkel. Onderwysers sal die meeste dae met ’n mondelinge aktiwiteit in die klaskamer begin. Hulle mag dalk oor die dag, datum, weer, verjaarsdae of spesiale geleenthede praat. Dit is ’n geleentheid vir sommige kinders om hul nuus te vertel of om items van belang wat hulle van die huis af gebring het, aan die klas te wys. Dit word dikwels “Wys en vertel” genoem. Mondelinge lesse kan informeel of formeel wees.
U kind sou teen Graad 3 mondelinge oefeninge gehad het en sou gehoor het hoe ander kinders praat. Deur na die ander kinders te luister en om aan hul eie idees te dink, kan hulle idees kry van wat werk en hoe om hul eie mondelinge te verbeter.
Die sillabus vereis dat kinders verskillende vaardighede op verskillende vlakke moet hê. Vir Graad 3:
In Graad 3 behoort alle kinders die volgende te kan doen:
  • Terme soos onderwerp, werkwoord, voorwerp, vraag, stelling, bevel, sinoniem, antoniem, uitroepteken gebruik wanneer ’n teks bespreek word. 
  • Gevoelens en opinies oor ’n teks kan uitspreek en redes gee.
  • Gebruik hoë orde denkvaardighede om oplossings tot ’n probleem te bespreek.
  • Gebruik gesprek as ’n sosiale vaardigheid.
  • Gebruik taal op ’n denkbeeldige wyse en vertel grappe en raaisels met die geskikte volume en intonasie.
  • Luister vir die besonderhede en antwoord oop vrae.
  • Vertel ’n storie en gebruik beskrywende taal, beduie met die hande en gebruik verskeie gesigsuitdrukkings.
  • Luister na ’n storie en bepaal die oorsaak en effek in antwoord op vrae.
  • Beplan en maak ’n mondelinge voorstelling, vertel persoonlike nuus, beskryf  ’n ondervinding en vertel oor ’n gebeurtenis met die hulp van ’n visuele middel.  
Mondelinge vaardighede kan op ’n daaglikse basis gebou word. Dit is belangrik om met u kind te praat en geleenthede te skep vir hulle om ’n gesprek met jou te voer.
U kan wenkkaartjies of tekeninge gebruik met die verskillende sinne wat u kind moet onthou. Dit is gewoonlik ’n onderwerp waarin sy of hy belangstel, en met tien of meer sinne.
Oogkontak en die vermoë om voor ander kinders te praat, is baie belangrik. Kinders behoort teen nou gemaklik te voel om voor ’n groep te praat.
Bespreek die naweek se gebeure in die kar oppad skool toe, sodat u kind voorbereid is vir oggend nuus besprekings.
Moedig u kind aan om interessante voorwerpe saam te vat om aan die klas te wys.
As u strand toe gaan, tel skulpe op en doen navorsing oor die skulpe sodat u kind die feite met die klas kan deel.