Grade 6 Meet van lengte |

Grade 6 Meet van lengte

%title

Meet van lengte
Ons gebruik amper elke dag lengte. Ons meet hoe lank ons is, of ’n koek in ’n boks sal pas, die grootte van ’n fotoraam om ’n foto te pas, die afstand tussen twee plekke.  Ons moet dikwels tussen twee afmetings omsit, soos om meter in kilometre te verwerk, of millimeter na sentimeter. 
Hier onder is ’n handige tabel met all die afmetings vir lengte en wenke oor hoe om die verskillende lengtes te verwerk.
ONTHOU: Wanneer jy met lengte werk, moet jy altyd die eenheid van meting met jou finale antwoord skryf. As jy dit nie doen nie, sal jy punte verloor.  
Afkortings
mm millimeter
cm sentimeter
m meter
km kilometer
 
Omsit van lengte
10 mm = 1 cm Om van mm na cm om te sit ÷ 10 Om van cm na mm om te sit × 10
100 cm = 1 m Om van cm na m om te sit ÷ 100 Om van m na cm om te sit × 100
1 000 mm = 1 m Om van mm na m om te sit ÷ 1 000 Om van m na mm om te sit × 1 000
1 000 m = 1 km Om van m na km om te sit ÷ 1 000 Om van km na m om te sit × 1 000
 
Voorbeelde
Sit 1 510 mm om na m = 1 510 ÷ 1 000 = 1,510 m
Sit 7,5 km om na m = 7,5 × 1 000 = 7 500 m
Sit 422 mm om na cm = 422 ÷ 10 = 42,2 cm
Sit 3 214 cm om na m = 3 214 ÷ 100 = 32,14 m
Sit 56,62 m om na cm = 56,62 × 100 = 5 662 cm
Sit 5 438 m om na km = 5 438 ÷ 1 000 = 5,438 km
Sit 11 cm om na mm = 11 × 10 = 110 mm
Sit 78 m om na mm = 78 × 1 000 = 78 000 mm