Graad 7 Vind die reël deur die gebruik van ’n formule |

Graad 7 Vind die reël deur die gebruik van ’n formule

%title

Vind die reël deur die gebruik van ’n formule
In  Graad 7 Wiskunde, vra die eksamen vraestelle dikwels dat die inset of uitset waardes op ’n vloeikaar gevind moet word, of dat die patroon in ’n getalle-ry of in ’n tabel geïdentifiseer moet word.
Deur elke keer ’n paar basiese stappe te volg, sal u kind enige reël kan vind en dit as ’n formule skryf. 
 
Kom ons hersien die stappe vir die skryf van ’n formule.  
Stap 1:          Skryf die formule vir die waarde wat jy wil vind. Dit kan x = ? or Tn = ? wees.
                       Jy kan enige letter in die alfabet gebruik. (Tn beteken die nde term.)
Stap 2:           Kontroleer dat die term getalle in agtereenvolgend (in volgorde) is.
                        Die term getalle is die getalle in die boonste ry van die tabel, en
                        word ook inset waardes genoem.
Stap 3:           Bepaal hoe om van een inset waarde tot die volgende te kom. Dit is
                        al die getalle in die onderste ry. Wat is die verskil tussen die twee getalle?
Stap 4:           Vermenigvuldig die antwoord in Stap 3 (verskil) met die term getal
                        (Tn = ? × n).
Stap 5:           Sit 1 in die plek van n en vind die antwoord. Is dit dieselfde as
                        die antwoord in die tabel? Indien nie, vind die getal wat opgetel of
                        afgetrek moet word om die regte antwoord te kry.  
Stap 6:           Toets die formule deur elke inset waarde van n in te sit en kyk
                        of jy die uitset waarde vir y kry.
 
Voorbeeld
Vind die reël vir die tabel hier onder. Wat moet jy aan n (die vraag) doen om by y (die antwoord) uit te kom?
n 1 2 3 4
Y 10 13 16 19
 
Stap 1:           Skryf die formule: y = ?
Stap 2:           Kontroleer dat die term getalle opeenvolgende getalle is: 1, 2, 3, 4.
Stap 3:           Bepaal die verskil tussen die uitset getalle.
                        13 – 10 = 3; 16 – 13 = 3; 19 – 16 = 3. Verskil = 3
Stap 4:           Vermenigvuldig die verskil met die term getal.  y = 3(n)
Stap 5:           Verplaas n met 1 en vind die antwoord. Is dit dieselfde as die antwoord in die tabel?
                        y = 3(1) = 3
                        Die antwoord is 10. Wat moet ek bytel of aftrek om by 10 uit te kom?  3 + 7 = 10
                        Ek tel 7 by.
                        Herskryf die korrekte formule: y = 3(n) + 7
Stap 6:           Toets die formule op al die waardes in die tabel.
                        y = 3(4) + 7 = 19
                        Die antwoord vir n = 4 in die tabel is ook 19.
                        Jy weet dus dat die formule korrek is.