Lees: Moedig geletterdheid by die huis aan |

Lees: Moedig geletterdheid by die huis aan

%title

Moedig geletterdheid by die huis aan
Die huis is die ideale plek vir kinders om te leer oor hoe ons lees en skryf gebruik om dinge gedoen te kry, maar dat ons dit ook vir plesier gebruk. Gebruik hierdie eenvoudige idees om u huis in ’n plek van geletterdheid te verander!
1. As jy wil hê dat jou kinders geletterd moet wees, moet hulle sien hoe jy self lees en skryf op verskeie manier in jou daaglikse lewe gebruik. Jy moet hul rolmodel vir lees en skryf wees! 
2. Lees gereeld vir jou kinders. Hulle leer deur hierdie eenvoudige aktiwiteit hoe ons lees en hoe boeke werk. Hul woordeskat word ook ontwikkel deur nuwe woorde in stories te hoor.
3. Besoek gereeld saam die biblioteek. As kinders toegelaat word om op hul eie tyd na die boeke te kyk, sal hulle kan uitwerk van watter boeke en skrywers hul die meeste hou.
4. Kinders moet lees- en skryfmateriaal binne maklike bereik hê sodat hulle kan leer om te lees en skryf. Maak seker dat die huis boeke het wat hulle interesseer, sowel as baie papier, potlode, kryte en kokis waarmee hulle kan teken en skryf.
5. Gebruik ’n resep om saam met jou kinders te bak of kook. Begin deur saam die lys van bestanddele deur te lees, en laat die kinders dan toe om die items bymekaar te maak wat benodig word. (Soos hulle dit doen, sal hulle leer dat die woorde op die etiket ’n naam gee aan wat binne is.) Lees en volg elk van die stappe in die resep saam.
6. Sit ’n inkopielys op die yskas en voeg items by soos benodig word. Stel aan jou kinders voor dat hulle ook goed kan neerskryf wat hulle benodig. Neem dan die lys saam wanneer jy inkopies gaan doen, en laat u kind die items afmerk soos jy hulle in die trollie sit!
7. Moedig jou kinders aan om herinner notas of lyste te maak van wat gedoen moet word – so skryf hulle die lys of nota en lees dit dan weer later!
8. Maak een aandete per week ’n “storie vertel ete”. Vertel vir jou kinders stories wat jy ken of maak nuwes op!