Lees: Hulp vir lesers wat sukkel |

Lees: Hulp vir lesers wat sukkel

%title

Hulp vir lesers wat sukkel
Onthou jy hoe jy geleer lees het? As jy dit maklik gevind het om as kind te leer lees, is die kanse goed dat jy niks daarvan sal onthou nie! As jy egter met iemand praat wat gesukkel het om te leer om te lees, kan hulle moontlik elke besonderheid onthou. Hoe kan jy dus vir jou kind wat sukkel om te leer lees, help? Hier is ’n paar wenke wat jy kan probeer.
 
  • Vat die druk weg. As kinders met iets sukkel, is hul minder geneig om dit goed te doen as hul onder druk geplaas word. Ontspan dus en, onthou, die meeste kinders leer om goed genoeg te lees om goed te doen by die skool en in die lewe. Vertrou dat, alhoewel u kind langer vat om te leer om te lees, hy/sy wel in die einde daar sal uitkom. Geen twee kinders word teen dieselfde spoed van doeke afgehaal nie – dieselfde geld vir leer om te lees!  
  • Lees vir u kind. Kinders wat sukkel om te lees is minder geneig om vir plesier te lees en dit is belangrik vir die ontwikkeling van geletterdheid. Help u kind om die plesier te ervaar wat ons van boeke kry deur gereeld vir hom/haar voor te lees. Lees vir solank as wat hy/sy belangstel en gaan op ’n ander tyd voort as jy nie by die einde van die storie gekom het nie.  
  • Hulp van die prentjies. Prentjieboeke het meer illustrasies in as woorde. Dit laat lees vir kinders wat sukkel, minder soos werk voel. Die prentjies gee ook vir jou kind ’n idee van wat die woorde op die bladsy is.
  • Laat hulle self kies. Kinders moet self boeke kies wat vir hulle interesseer, sodat hulle gemotiveerd sal bly om te lees. Besoek die biblioteek of boekwinkel met jou kinders en laat hulle toe om een of meer boeke te kies waarin hul belangstel. Moet nie bekommerd wees dat die boeke bo hul leesvlak is nie – jy kan die boeke vir hulle lees!