Lees: Hoe kinders leer om te lees in ’n neute-dop |

Lees: Hoe kinders leer om te lees in ’n neute-dop

%title

Hoe kinders leer om te lees: in ’n neute-dop
Dit is maklik vir ouers om oorweldig te voel deur al die raad wat ons kry oor hoe om ons kinders te help om te lees! Dit voel asof almal vir ons vertel wat om te doen. Dit is egter dikwels vir ons meer belangrik om te weet hoe kinders leer om te lees. Hier is die mees belangrikste dinge wat jy oor hierdie proses moet weet.
 
Kinders gaan deur verskillende fases wanneer hulle leer om te lees, en hierdie fases gebeur in dieselfde volgorde vir alle kinders, ongeag hul ourderdom – sommige kinders beweeg net vinniger deur een fase as ander.
 
Wanneer kinders vir die eerste keer probeer lees, blaai hulle dikwels deur ’n storieboek en vertel hul eie storie. Hierdie “verbeel” lees is ’n belangrike stap – dit wys dat hulle verstaan hoe boeke werk.
 
Hulle sal volgende hul geheue van ’n storie en die prentjies gebruik om hulle te help om die storie oor te vertel soos hulle die bladsye omblaai. Hulle sal partykeer ook sommige van die eintlike woorde van die storie sê en sal na woorde wys soos hulle “lees”. Hierdie dinge wys dat hulle verstaan dat die woorde en die prentjies saamwerk om die storie te vertel.
 
Kinders sal dan dikwels na woorde in ’n boek wys en vra “Wat sê dit?”. Dit wys dat hulle verstaan dat die woorde in ’n boek elke keer as jy dit lees, dieselfde bly. Hulle het ook geleer dat die merkies op die bladsy (“letters” en “woorde”) simbole is wat ons interpreteer soos ons lees. Dit is ’n belangrike stap in leer om te lees – dit beteken dat hulle verstaan hoe lees werk. Hulle moet egter self by hierdie gevolgtrekking kom deur hul eie ervarings met boeke en wanneer daar aan hulle gelees word. Dit is nie iets wat ons vir hulle kan leer deur dit te vertel nie. 
 
Dan is daar daardie wonderlike oomblik wanneer kinders die woorde op die blad kan lees! Sommige kinders leer self om dit te doen en ander wag totdat hul formeel in Graad 1 geleer word. Dit maak nie regtig saak wanneer dit gebeur nie, dit is net belangrik dat dit wel gebeur! En jy kan help deur jou kind aan te moedig deur hardop aan hulle voor te lees. As jy dit doen en mooi dophou, sal jy sien hoe hulle as lesers ontwikkel.