Lees: Kweek 'n liefde vir lees |

Lees: Kweek 'n liefde vir lees

%title

Maak lesers groot
Almal weet hoe belangrik dit is vir ons kinders om te leer lees en skryf. Ons vertrou gewoonlik in ons kinders se skole om vir hulle hierdie vaardighede te leer, maar as ouers het ons ook ’n belangrike rol om in ons kinders se geletterdheid te speel. Ons rol is nie om vir ons kinders te leer lees nie, maar om hulle in hul reis te ondersteun!
 
Ons hoor dikwels dat dade meer beteken as woorde. Ons weet dat kinders meer leer deur wat hulle ons sien doen, as uit wat ons vir hulle vertel. Dit is ook op lees van toepassing. Ons kinders moet sien dat ons vir plesier lees, en so sal hulle ook lees vir plesier kies. Ons moet rolmodelle vir hulle wees wanneer dit by lees kom.
 
Die beste manier om jou kind te help om beter te lees, is om elke dag vir hulle voor te lees – en dit is iets lekker om saam te doen. Begin deur vir jou kinders te lees nog voordat hulle self kan lees, en gaan dan hiermee aan nadat hulle geleer lees het.
  • As jy elke dag vir net 15 minute aan jou kind voorlees, hoor hulle oor ’n jaar ongeveer een miljoen woorde – dink ook hoe help dit vir hul taal ontwikkeling!
  • Probeer om ’n gereelde tyd elke dag te vind om vir jou kind te lees. Baie ouers maak lees deel van die roetiene net voor slaaptyd. Daar is niks beter as om saam te lees om vir jou kind te help ontspan na ’n besige dag nie.
  • Neem beurte om te kies wat julle saam sal lees. As jy dit doen, sal jou kind nuwe stories kan ervaar, maar ook hul gunstelinge weer kan hoor. As jy jou kind toelaat om sommige van die boeke te kies, sal hulle kan uitvind watter tipe boeke hulle verkies – dit is ’n belangrike deel van hul leesontwikkeling.