Lees: Wenke vir hardop lees |

Lees: Wenke vir hardop lees

%title

Wenke vir hardop lees
Deur hardop vir jou kinders te lees, help om hul taal te verryk, ontwikkel hul verbeeldings en ontwikkel hul geletterdheidsvaardighede. Wanneer kinders dit geniet as iemand vir hul lees, word hulle gereelde lesers. Dit is dus belangrik om lees iets te maak waarna u kind uitsien! Hier is ’n paar idees:
  • Vind ’n stil, gemaklike plek om te lees. Sit enige rekenaars, TV’s en radios af! Sit naby aan mekaar sodat julle albei die prentjies en woorde op die bladsy kan sien.
  • Probeer om boeke te kies wat jy geniet om te lees, maar vra ook vir jou kind om ’n boek te kies wat julle saam kan lees.
  • Begin deur die titel van die boek op die omslag te lees, sowel as die name van die skrywer en die illustreerder. (Dit help vir jou kinders om te besef dat “regte” mense boeke skep!) Bestee ’n bietjie tyd daaraan om na die omslag te kyk en om op interessante besonderhede te let.
  • Om hardop te lees, is soos om op die verhoog te wees! Sit baie uitdrukkings in jou stem en verander die volume om dit waaroor jy lees, te pas. Gebruik byvoorbeeld ’n sagte stem vir ’n hartseer deel van die storie of fluister wanneer die karakter ’n geheim vertel. Gebruik ’n harde stem vir die woorde van ’n reus of wanneer ’n storm beskryf word.
  • Soos jy elke bladsy lees, gee vir jou kind tyd om na die prentjies te kyk en om kommentaar te lewer op dinge wat hy of sy raaksien.
  • Ontwikkel jou kind se vaardighede van voorspel deur te vra “Wat dink jy gaan volgende gebeur?” op verskillende oomblikke in die storie.
  • Wanneer jy klaar gelees het, vra vir jou kind om sy of haar opinies te deel oor een of meer van die karakters, hul aksies en/of gebeure in die storie. Byvoorbeeld, “Hoekom dink jy het Gouelokkies besluit om by die bere se huis in te gaan, al was hulle nie tuis nie? Sou jy dit gedoen het? Hoekom / hoekom nie?”.
  • Die mees belangrikste deel is, moet nie probeer om ’n “onderwyser” te wees wanneer jy vir jou kind lees nie. Ontspan en geniet die storie saam.