Lees: Watter boeke is die beste? |

Lees: Watter boeke is die beste?

%title

Watter boeke is die beste?
Daar is so baie keuses van kinderboeke beskikbaar – wonder jy watter die beste vir jou kind sal wees? Hier is ’n paar eenvoudige riglyne om jou te help om die beste boeke vir jou kind te kies.
 
Die hele doel daaragter om vir jou kinders boeke te gee om te lees en om vir hulle te lees, is om te sorg dat hulle van lees sal hou. Die belangrikste ding om dus te onthou wanneer jy boeke vir jou kind kies, is dat wat ookal dit is wat jou kind wil lees, dit die beste ding vir hom of haar is om te lees. Moet nie bekommerd wees oor of die boek op die “regte” leesvlak is of oor ’n “geskikte” onderwerp of goed geskryf is nie – ’n “goeie” boek is enige boek wat jou kind wil lees! Dit is die belangrikste riglyn van almal! 
 
Die gegradeerde leesboeke wat kinders by die skool as deel van hul leeslesse kry, is ontwerp om eenvoudig te wees – veral die eerste boeke in die reeks. Dit beteken dat hulle minder gevarieerde taalgebruik en woordeskat as ander storie boeke het. Goeie leesboeke by die skool is ’n goeie middel vir onderwys en om jou kind te leer lees, maar op hul eie is hulle nie genoeg nie. Kies storie boeke of interessante inligtingsboeke om vir jou kind ’n ryker, meer gebalanseerde leeservaring te gee wanneer jy vir hulle lees. 
 
Probeer om vir jou kinders die wydste moontlike keuse van boeke te gee. Gereelde besoeke aan boekwinkels en die biblioteek is ’n wonderlike manier om vir hulle aan baie boeke bloot te stel. Neem kennis van watter boeke hulle in belangstel en koop of leen hierdie tipe boeke. Jy mag dalk ook jou kind wil aanmoedig om ’n nuwe boek te kies wat hulle nog nooit tevore gesien het nie. Dit is ’n goeie idee, maar onthou dit is ook ’n risiko – jou kind mag dalk glad nie van die storie hou nie!
 
Wat as jou kind regtig nie van boeke hou nie? Probeer ander vorms van leesmateriaal soos tydskrifte, strokiesprente en stories wat jy op die rekenaar of kindle aflaai.
 
Dit is eenvoudig: kinders leer om te lees deur baie te lees so wat ookal ons vir hulle gee om te lees, moet hulle aanmoedig om meer te lees!