Leer Deur Speel |

Leer Deur Speel

%title

Leer deur speel
Kinders leer en verstaan konsepte en emosies beter deur te speel. Hulle leer wanneer hulle speel, dit is ’n natuurlike proses. Dit lyk soms asof niks gebeur nie, maar deur te speel ontwikkel hul brein en dit laat kinders toe om al hul sintuie te gebruik – hoor, sien, proe, raak, reuk. Spel laat kinders ook toe om te beweeg, wat hul motoriese vaardighede ontwikkel.
’n Eenvoudige speletjie soos “peek-a-boo” ontwikkel byvoorbeeld voorwerp permanensie (bewussyns ontwikkeling), veral in hul vroeë kinderjare. Dit beteken dat die kind sal verstaan dat die voorwerp steeds sal bestaan al kan hulle dit nie sien nie. Daar kan ook gesê word dat “peek-a-boo” help met motoriese ontwikkeling, bv. wanneer hulle hul arms uitstrek wanneer hulle lag en opgewonde raak.

Daar is baie sulke eenvoudige speletjies waar deur ouers hul kinders se vermoeëns kan ontgun en hul bewussyns-, sosiale, spraak, fyn motoritese vaardighede en basiese motoriese vaardighede ontwikkeling kan verbeter. Dit is pret, opvoedkundig en bou sterker verhoudings wanneer ouers betrokke is by speel met hulle kinders.
Hier is ’n paar idees vir hoe jy speeltyd kan gebruik om jou kind se ontwikkeling te verbeter:
 
1.  Bewussyns Ontwikkeling
Dit is die kind se vermoeë om te leer en probleme op te los.
 
Dit is goed om speletjies te hê waar hulle kan maak asof hulle speuders is, omdat hulle van natuur baie nuuskierig is. ’n Speletjie soos ’n skattejag is maklik om bymekaar te sit deur items te gebruik wat in en om die huis gevind kan word. Jy kan selfs vir ouer kinders kreatief raak en inkopies gebruik as ’n manier om die speletjie te speel.
 
Skattejag by die huis:
 
Steek verskillende kleur voorwerpe rondom die huis en tuin weg. Jy kan dinge soos kos items, kombuis gereedskap, klere en boeke gebruik. Vind prentjies van die items wat jy gekies het op die internet of in tydskrifte en druk hulled an uit of knip hulle uit en maak kaartjies om as leidrade te gebruik – dit is ’n perfekte manier om voorwerpe te identifiseer al is die kind nog baie jonk.
 
Steek nou die voorwerpe wat jy vir jou skattejag gekies het weg en gee die kaartjies met leidrade vir jou kind(ers). Wanneer die kind die item(s) bring, vra vrae soos:
 
  1. Watter kleur is dit?
  2. Is dit rond of vierkantig?
  3. Proe dit soos enige iets?
  4. Ruik dit soos iets?
  5. Is dit glad of rof?
As jy ouer kinders het, kan die speletjie aangepas word om ’n lys van dinge soos die volgende in te sluit: 
  1. Vind iets wat hard is
  2. Vind iets wat wollerig is
  3. Vind iets wat sleg ruik
  4. Vind iets koud
  5. Vind iets groen
Wat ookal jy by die skattejag wil insluit, maak dit pret en interessant vir jou kind(ers). Hulle sal onwetend baie leer.  
 
Aangesien ons in ’n tyd van gevorderde tegnologie lewe, is nog ’n manier om jou kind se bewussyns vermoeëns te ontwikkel deur hulle toe te laat om speletjies op jou tablet, foon of rekenaar te speel. Dit moet deur die ouer oorsien word, maar dit is ’n baie goeie manier om hul bewussyns vaardighede te ontwikkel. Doen navorsing om goeie speletjies of “applications” te vind.
 
2.  Sosiale en Emosionele Ontwikkeling
Dit verwys na die kind se vermoeëns om met ander te speel, hoe om hulself te help en self-beheer.
Dit is moeilik vir kinders om hul gevoelens en emosies uit te druk. Emosies is baie subjektief en moeilik om te verduidelik. Probeer om vir die kind te vra oor watter bui sy/hy in is en vra die kind om die slegte bui, sowel as die goeie bui, te verduidelik.
Jy kan ook charades speel om meer komplekse buie te verduidelik. Dink aan 20 verskillende buie en skryf elkeen op ’n stuk papier neer. Jy kan ook prentjies van gesigsuitdrukkings gebruik om dit te doen. Kry die familie en vriende saam (dit help ook met sosiale vaardighede sodat die kind met ander mense praat) en deel almal in spanne in. Elke span kry dan ’n beurt om ’n stuk papier uit ’n bak of hoed te trek. Stel ’n tyd limiet op die persoon wat trek en daardie persoon moet dan die bui op die papier uitbeeld. Nog ’n spanlid van dieselfde span moet dan die bui raai en daardie span kry ’n punt as die antwoord reg is. Spanne neem beurte en speel totdat al die papiere getrek is. Die span met die meeste punte wen.
Hier is ’n paar voorbeelde van buie:
  1. Senuweeagtig
  2. Opgewonde
  3. Deurmekaar
  4. Hartseer
  5. Bly
  6. Verlig
  7. Bekommerd
  8. Bang 
3. Spraak en Taal Ontwikkeling
Dit verwys na die kind se vermoeë om taal te verstaan en te gebruik.

Mondelingse ontwikkeling, of spraak, is ’n goeie voorspeller van toekomstige lees prestasies. Lees spesialiste sê dat “As ’n kind nie ’n woord hoor nie, sal daardie kind nie ’n woord sê nie”. Dit beteken dat as ’n kind nie die woorde kan of wil sê nie, is dit nog moeiliker of onmoontlik vir hom of haar om dit te lees.

Jy kan maklik tale oefen deur speletjies met voorwerpe rondom die huis te speel. Dit mag dalk net soos ’n speletjie voel, maar dit is ’n goeie manier om jou kind te leer hoe om woorde te gebruik om hul spraak te verbeter.

Begin deur ’n deursigtige houer met soveel as moontlik klein voorwerpe te vul. Maak die houer toe met die deksel en wys na ’n item en sê “Ek sien (noem die voorwerp) en jy gebruik dit wanneer/met”. Laat die kind dan toe om te raai wat die voorwerp is en wanneer hulle korrek raai, laat hulle toe om die voorwerp te hou. Julle kan beurte neem – jou kind kan ook leidrade gee ens.

Kinders hou daarvan om karakters uit hul gunsteling stories te gebruik. Probeer om soveel vrae/leidrade as moontlik in te werk en vra die kind om die item te beskryf. Gebruik kleur woorde, getal woorde en kategorieë.

Nog ’n manier om hierdie speletjie te gebruik is om meer as een voorbeeld van dieselfde item te gebruik (drie lepels). Dit sal die kind aanmoedig om meervoude in taal te gebruik (lepels eerder as lepel). Vra die kind om elke woord uit te klank soos julle aangaan.
 
4. Fyn motoriese vaardighede
Dit is die kind se vermoeëns om klein spiere, soos hul hande en vingers, te gebruik om klein voorwerpe op te tel, ’n lepel vas te hou, bladsye in ’n boek om te blaai of om ’n kryt te gebruik om te teken.

Dit is waar die kind hul motoriese vaardighede saam met hul bewussyns vaardighede gebruik (onthou, bewussyns vaardighede is hul vermoeëns om probleme op te los).

Jy het vir hierdie speletjie kleefband nodig (gekleurde kleefband werk beter eerder as deursigtige kleefband), en speel karretjies. Seuns geniet hierdie tipe speletjie. Maak ’n kronkel patroon met die kleefband op die vloer of op enige plat oppervlakte (die kind moet kan bykom en maklik kan rondbeweeg). Die kronkel moet parallel loop om ’n pad tussen die lyne te vorm. Hierdie speletjie is pret om saam met vriende te speel – soos ’n resies. Laat die kind sy of haar speel karretjie kied en dit op die begin lyn plaas. Verduidelik dan dat die kar nie buite die lyn moet gaan nie, anders sal hulle verongeluk. As daar met vriende gespeel word, wen die een wie se kar eerste oor die eindstreep gaan sonder om oor die lyne te gaan.

Nog ’n speletjie wat die kind se fyn motoriese vaardighede ontwikkel is “visvang”. Druk ’n paar vis uit op papier, die kind kan dan hierdie vis met verskillende kleure inkleur (rooi vis, blou vis, groen vis ens.) en hulle uitknip. Sit dan ’n skuifspeld aan elkeen van die visse vas en sit dit in ’n boks met die kleur na bo. Gebruik ’n tak, stokkie of enige iets wat soos ’n visstok lyk, maar lig genoeg is vir die kind om vas te hou, vir ’n visstok. Maak ’n tou aan die einde van die stok vas, met ’n magneet aan die einde van die tou. Vra dan vir die kind om vis te vang. Spesifiseer dan watter kleur hulle moet vang. Hulle moet versigtig wees om nie die verkeerde kleur te vang nie, deur die rigting van die tou te beheer. Die kind moet dan die vis afhaal van die hoek (magneet) en dit in die bak sit.

Weefwerk is ook ’n goeie stokperdjie. Dit leer vir die kind fyn motoriese vaardighede en die eindprodukte kan as geskenke gegee word.
 
5. Basiese motoriese vaardighede
Dit is die kind se vermoeëns om groter spiere te gebruik; om regop te sit, te trek en te stoot.

Die kind gebruik beweging en probleem oplossing om in hierdie fase te ontwikkel.

Balans is ’n goeie beginpunt om basiese motoriese vaardighede te ontwikkel. ’n Balans balk of om in ’n reguit lyn te loop kan basiese motoriese vaardighede suksesvol ontwikkel. Daar is eindelose speletjies wat jy met jou kind kan speel om die ontwikkeling van hierdie vaardigheid aan te moedig.

Die speletjie “spook voetspore” is perfek om te speel. Jy moet jou kind se voete op wit papier natrek en dit dan uitknip. Sny vorms uit gekleurde papier en plak hierdie vorms op die voetspore. Plak die voetspore in die vorm van ’n sirkel op die vloer. Speel musiek en laat jou kind toe om rondom die sirkel te loop en op elke voetspoor te trap. Wanneer jy die musiek stop, moet jou kind die naam van die vorm waarop hy of sy stop, uitroep.

Nog ’n weergawe van hierdie speletjie vereis dat die ouer die voetspore in ’n lang ry moet plak. Jy het ekstra ruimte vir hierdie speletjie nodig. Begin by ’n punt ver van die voetspore aan die ander kant van die kamer. Laat die kind na die ry voetspore hardloop en spring om te sien hoe ver hulle daaroor kan spring. Herhaal dit en daag die kind uit om elke keer te probeer om verder oor die voetspore te kom.

Nog ’n speletjie gebruik ’n opgeblaaste ballon. Nooi ’n paar vriende om die ballon te gebruik om vlugbal te speel. Hou telling en kry ’n paar pryse vir die wenspan.