Goeie Wenke om Jou Kinders te Motiveer |

Goeie Wenke om Jou Kinders te Motiveer

%title

Wanneer jou kinders belangstelling verloor om te leer, sal jy dalk wonder hoe jy hulle weer gaan motiveer en opgewonde maak. Hierdie wenke sal jou help om hulle weer op die regte spoor te kry!
  1. Wees passievol wanneer jy vir hulle leer. Al ondergaan jy ’n slegte dag, glimlag en sit opwinding in jou stem. Lag, kleur en musiek is groot motiveerders – gebruik hulle maklik en baie.
  2. Verander die omgewing. Neem verveelde kinders uit hul gewone area waar hulle leer om vars lug te kry en om hul brein en liggaam vol suurstof te maak. Speletjies wat buite plaasvind, selfs besoeke aan die biblioteek vir navorsing, maak ’n goeie verandering.
  3. Kinders floreer wanneer jy ware belangstelling toon. Leer meer oor hulle en verstaan hul passies en talente en werk hierdie by hul lesse in. Gee baie voorbeelde wat na hul belangstellings, sowel as regte lewe gebeurtenisse, verwys. Nog beter, omskep die voorbeelde in prettige, stimulerende speletjies. Gebruik weer helder kleure, beweging en musiek om dit pret te maak.
  4. Skep ’n veilige, ondersteunende omgewing waar kinders hulself kan uitdruk, met baie positiewe aanmoediging. Die meeste leerders hou daarvan om te praat en kinders wil gehoor word. Moedig jou leerders aan om hul idees en opinies uit te druk en om vrae te beantwoord, al is die antwoord verkeerd. Sit die fokus op die proses van leer eerder as om reg te wees.
  5. Prys jou leerders. Gee konstant aanprysing en positiewe terugvoer en jy sal vir die leerders wys dat jy vir hulle waardeer en dat jy in hul vermoeëns glo. So bou jy vir hulle op en help jy vir hulle om hul swakhede te oorwin. Kinders leer wanneer hulle geprys word, nie wanneer hulle gekritiseer word nie.
  6. Verwag goeie prestasies. Kinders hou daarvan om te presteer en jy kan vir hulle inspireer om hoog te mik, terwyl hulle hul voete op die grond hou. Maak seker dat hul verwagtinge realisties is.
  7. Vier dit wanneer doelwitte bereik word, of wanneer ’n leerder goed doen. Daar is nog onsekerheid oor of leerders beloon moet word, maar as jy dit wil doen kan jy met klein pryse vorendag kom. As jy nie seker is nie, is dit altyd ’n goeie idee om goeie werk uit te stal as erkenning van prestasie.
  8. Beplan jou lesse vooruit. Hou instruksie tye by 20 minute sodat die kinders goed kan konsentreer en laat die kinders altyd weet wat die doel van die les is. So weet die kinders wat die doel is en niemand sal aan die slaap raak nie. Kinders is meer gemotiveerd as hulle weet wat daar van hulle verwag word.
  9. Verskeie onderrig metodes help alle leerders en maak lesse meer interessant en inspirerend. Jy kan digitale bronne, sowel as demonstrasies, besprekings, gevallestudies, speletjies, musiek en ander metodes gebruik om jou kinders se aandag te hou.
  10. Leerders leer by hul onderwysers. Wees bewus van jou eie houding, jou stem, jou liggamstaal, jou bewegings en gesigsuitdrukkings. Maak jou aanwysings duidelik en maklik om te verstaan.
Sterkte – en geniet!