Opvoedkundige Aktiwiteite Reeks - Eerste Pos! |

Opvoedkundige Aktiwiteite Reeks - Eerste Pos!

%title

Dit hoef nie soos werk te voel om prettige aktiwiteite vir jou kinders te vind wat opvoedkundig en interaktief is nie. In hierdie reeks sal ons vir jou baie idees vir aktiwiteite vir kinders van alle ouderdomme, van kleuters tot Graad 3, gee.

KLEUTERS: (ouderdomme 1-3)

Maak ’n Boek van Vorms
Materiaal:
Gekleurde Papier
Penne
Tydskrifte
Kamera
Gom
Drukker
Krammasjien / pons & tou
 
Aanwysings:
  1. Teken 1 vorm op elke stuk papier (bv. driehoek, vierkant, ster, agthoek, vyfhoek, sirkel, reghoek). Kram die bladsye aanmekaar of gebruik ’n pons om gate te maak en dan die bladsye met tou saam te bind, sodat jy ’n “boek” van vorm bladsye het.
  2. Maak ’n paar tydskrifte bymekaar en blaai saam met jou kind deur hulle, en vind enige voorwerpe / prentjies wat by die vorms pas. Knip hulle uit en plak hulle op elke ooreenstemmende bladsy.
  3. Gaan stap in julle buurt. Vra vir jou kind om vorms in die regte wereld uit te wys! Neem fotos, druk hulle by die huis uit, en plak hulle op die ooreenstemmende bladsye.