Wat Kan Jy Meet? |

Wat Kan Jy Meet?

%title

Materiaal:
Speelgoed/huishoudelike voorwerpe wat gebruik kan word om lengte en hoogte te meet (bv. Lego blokkies, boublokke, boeke, appels, lepels)
 
Aanwysings:
Laat jou kind verskillende huishoudelike voorwerpe gebruik om lengte en hoogte te meet. Bepaal hoe lank die bank is deur te kyk hoeveel Legoblokkies in die lengte pas of laat jou kind op die grond lê en kyk hoeveel appels lank sy/hy elke maand is! Tel altyd hardop wanneer julle meet.