Graad 2 Verbeter spelling |

Graad 2 Verbeter spelling

%title

Verbeter spelling
Die aanleer van korrekte spelling is ’n lewensvaardigheid wat vir alle doeleindes in skryfwerk gebruik word, soos vir leestoetse, kreatiewe skryfwerk, skryf van “My nuus”, skryf van briewe en formele skryfwerk in alle leerareas in elke graad tot Matriek.
Die kurrikulum vereis dat u kind die volgende spel vaardighede in Graad 2 moet hê:
  • Korrekte spelling van algemene woorde.
  • Herken en gebruik vermenging van konsonante:
  • -   Tj 
  • -   bl br ng nk
  • -   klinker digrawe: oo ee oo ai ai uu eu
  • -   dubbels: ll ff
  • -   agtervoegsels soos -tjie -kie
Hoe om spelling as ’n vaardigheid te ontwikkel
Kinders vind dit moeilik om die middel klank in woorde te hoor en dit moet baie geoefen word. As hy, teen die tyd wat hy skool toe gaan, byvoorbeeld nie die a in die middel van woord kat kan hoor nie, moet hy dalk na ’n spraak onderwyser vir ouditiewe opleiding moet gaan. Indien u kind nie die klanke korrek uitspreek nie, laat die spraak onderwyser hom assesseer. Sy sal vir hom leer om die klanke korrek uit te spreek of om die verskille of die ooreenkomste in klanke te hoor. Dit is belangrik dat klank en ouditiewe vaardighede aan die begin van Graad 1 gevestig word.
Dit is ’n goeie idee om tuisgemaakte of aangekoopte klankkaarte êrens op te maak vir die kind om te hersien. Vra voorbeelde soos: “Watter klank maak ’n t en ’n j?” (tj soos in tjek) of, “Hoe skryf ek ’n tj soos in tjom?”
U kind behoort sy eie woordeboek van algemene woorde te hê wanneer hy stories by die skool skryf. Dit is ’n goeie idee om ’n boek met lyntjies te hê waar die kind al die woorde skryf wat hy leer om te spel, en so skep hy sy eie woordeboek.
Die doen van spelling as tuiswerk
Gebruik verskeie media om dit pret vir u kind te maak: ’n wit bord / swart bord / inkleur kryte, kokis, goue pen op papier om die spellys te oefen wat aan u kind as huiswerk gegee is.
Sê altyd die woord en gebruik dit dan in ’n sin sodat hy die woorde makliker hoor. Byvoorbeeld: “strand – ek hou daarvan om strand toe te gaan en in die sand te speel.”
Indien u kind die spelwoord verkeerd skryf, sê dit stadig en hardop en bepaal of dit ’n geheue woord is. Byvoorbeeld, as u Graad 2 kind leer om ’n Graad 3 woord te skryf, vertel vir hom dat dit moeilik is om te onthou omdat dit ’n Graad 3 klank het.  Dit maak hom gretig om te leer, want hy sal baie slim voel omdat hy ’n Graad 3 woord leer terwyl hy nog in Graad 2 is.
Indien die onderwyser die spellys op die Maandag gee om teen die Vrydag getoets te word, probeer om elke dag tyd daaraan te bestee om die spelwerk te hersien. U kind sê die woord hardop, maak dan die woord toe en skryf dit neer. Oeffen elke dag vir ’n week dieselfde woorde.
U kind moet ook elke dag drie verskillende woorde kies om in hul eie sinne te gebruik.